Mitchell’s Plain-tragedie: Talle kinders geskiet in noodlottige bendegeweld

Deel hierdie storie / Share this story

’n Bende-oorlog het naby die Imperial Primêre Skool uitgebreek. ’n Skietery het ten minste een kind se lewe geëis en talle ander is in die voorval gewond. Die eintlike getalle is nog onbekend en owerhede vermoed die dodetal is meer.

Volgens The South African is die polisie besig om die saak te ondersoek. Tot dusver is dit bekend dat twee motors in die skietery betrokke was. Albei het weggejaag. Een van die slagoffers was 13 jaar oud.

Ontstellende berigte het ook na vore gekom en beweer dat mediese personeel nie eens in daardie deel van Mitchell’s Plain kon inkom nie, weens die hoë vlakke van geweld en vyandigheid teenoor buitestaanders.

Ricardo Mackenzie dien in die Wes-Kaapse parlement. Die verkose amptenaar het Vrydagoggend sy innige meegevoel met die families in Mitchell’s Plain op Twitter gedeel. Hy betreur hierdie ‘afskuwelike’ voorval en noem dit ‘n ‘hartseer dag vir Kaapstad’. Die skietery bekommer plaaslike owerhede beslis.

Mitchell’s Plain is bekend vir die bendes wat gereeld amok veroorsaak.

Lees ook : Man wat nie masker dra glo deur weermaglid geskiet