Man wat nie masker dra glo deur weermaglid geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO – ’n Man is na bewering deur ’n lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) by ’n winkelsentrum geskiet.

Die voorval het na ’n woordverwisseling oor gesigsmaskers gebeur. Die SANW was glo by die winkelsentrum aan diens om te verseker die publiek voldoen aan die Covid-19-regulasies. Die weermaglid is intussen in hegtenis geneem. Die man is na die voorval na ’n hospitaal vir behandeling gejaag.

Die soldaat staan tereg op aanklag van poging tot moord. Hy sal na verwagting vandag vlugtig in die Morebeng-landdroshof verskyn.

Volg Find-it hier.