Man red dogtertjie (9) van moontlike verkragting

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG – ’n Bouer het ’n tienerseun gekeer toe hy na bewering ’n dogtertjie (9) wou verkrag.

Die meisie het saam met haar vriende in die parkie gespeel toe ’n tienerseun haar glo probeer ontvoer het. Thabo Maeteletja het die voorval sien gebeur en die seun probeer keer deur agter hom aan te hardloop. Maeteletja het hulp van ander gemeenskapslede ontvang terwyl die slagoffer in vrees by ’n nabygeleë skool gaan wegkruip het.

Volgens die slagoffer se tannie het die verdagte die meisie na ’n rivier geneem waar hy op die punt was om haar te verkrag.

Die seun is glo deur die gemeenskapslede aangeval voordat die polisie daar opgedaag het.

Mathapelo Peters, Gauteng se polisiewoordvoerder, sê die saak is by die polisie aangemeld. Die verdagte is in die hospitaal onder polisiebewaking.

Volg Find-it hier.