KYK: Duisende haas om dwergkoei te sien

Deel hierdie storie / Share this story

CHARIGRAM – Duisende mense stroom na Bangladesj om Rani, ‘n dwergkoei wat 51 cm hoog is en waarvan die eienaars beweer dat dit die kleinste ter wêreld is, te sien.

Die 23 maande oue Rani is 66 cm lank en weeg slegs 26 kg. AFP berig die eienaars sê dit is 10 sentimeter korter as die kleinste koei in Guinness-wêreldrekords. “Mense reis van ver, ondanks inperkings weens die koronavirus. Die meeste mense wil foto’s saam met Rani neem,” het Hasan Howlader, bestuurder van die Shikor Agro-boerdery, aan AFP gesê. Guinness-wêreldrekords sal glo in die volgende drie maande ‘n uitspraak lewer.

Foto’s van Rani word sedert wyd op sosiale media gedeel, wat baie toeriste na Bangladesj laat reis.

LEES OOK: Tiener spring uit bewegende motor tydens rusie met ouer

LEES OOK: Veloorplanting vir 7 maande oue baba na fratsongeluk met haardroër

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.