Carl Niehaus, woordvoerder van die Umkhonto we Sizwe- militêre-veterane-vereniging (MKMVA), is vrygelaat met ‘n boete van R3 000 vir minagting van inperkingsregulasies.
Niehaus is Donderdag op regstreekse televisie in hegtenis geneem terwyl hy besig was om die media buite die Estcourt-gevangenis toe te spreek. Kyk hier na die video.
Niehaus het ondersteuners van oudpresident Jacob Zuma, wat in die Estcourt-gevangenis opgesluit is, buite die tronk bymekaargeroep en was besig om hulle toe te spreek toe die polisie sy toespraak onderbreek het.
Die 61-jarige Niehaus is daarvan aangekla dat hy die inperkinsgregulasies, wat lui dat nie meer as 50 mense bymekaar mag kom nie, verontagsaam.
Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê Niehaus was gewaarsku oor die samedromming, maar hy het die waarskuwing ignoreer.
Niehaus moet nou die boete voor 6 Augustus betaal of in die Estcourt-landdroshof verskyn.
Lees ook: Amptenaar vas oor foto’s van Zuma in die tronk
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



