KAAPSTAD.- Nwabisa Ndobe (36) ‘n swanger vrou van Nyanga, is na twee maande lewend gevind. Sy het vermis geraak nadat haar bure glo gehoor het hoe sy en haar kêrel die aand van haar verdwyning baklei het.
Volgens IOL is Ndobe se familie verlig dat hulle die nege maande swanger vrou lewend gevind het.
Die familie het Ndobe twee maande gelede laas gesien. Donderdag het iemand haar bankkaart gebruik en geld uit haar rekening getrek. Die polisie het hoop gehad dat sy nog lewend was, maar het gesien dis nie Ndobe wat die geld getrek het nie.
Die swanger vrou is lewend gevind in die hospitaal
Toe polisie later ‘n besoek bring aan die Khayelitsha-streekshospitaal het hulle gevind dat Ndobe daar met steekwonde opgeneem is.
Sindiswa Ngoma, ‘n familielid van Ndobe, sê die familie was baie gestres na haar verdwyning. Volgens haar het Ndobe gereeld by hulle kom kuier.
“Ons het besluit om na hulle huis te gaan, want ons was regtig bekommerd. Ons het haar kêrel gevra waar sy was en hy het geïrriteerd geraak en gesê hy het haar vir ses maande lank nie gesien het nie. Dit is toe dat ons weet iets is nie reg nie,” het Ngoma gesê.
Die familie gaan ook ondersoek instel nadat hulle ingelig is dat Ndobe se tweejarige seun glo deur maatskaplike dienste weggeneem is.
‘As ‘n familie is ons bly sy is lewendig gevind en binnekort met ons sal herenig. Ons wil almal bedank wat hul bydrae gelewer het om ons by te staan,” het Ngoma gesê.
Lees ook: Moordverhoor begin na meisie se kop in yskas gevind is



