Polisieminister Bheki Cele het tot Woensdag om middernag om oudpresident Jacob Zuma in hegtenis te neem na die konstitusionele hof se uitspraak verlede Dinsdag.
Zuma is tot 15 maande tronkstraf gevonnis vir minagting van die hof en het vyf dae gehad om hom aan die polisie te oorhandig. Na ‘n aansoek wat hy gebring het dat sy vonnis ter syde gestel word, het hy hom nie aangemeld nie en het die polisie drie dae om hom in hegtenis te neem. Die drie dae-tydperk eindig vanaand om middernag.
Cele kan van minagting van die hof aangekla word indien hy Zuma nie in hegtenis neem nie.
‘n Delegasie van polisiebeamptes wat deur polisieminister Bheki Cele begelei sal word, sal Nkandla vandag besoek. News24 berig Cele is reeds in KwaZulu-Natal en moontlik reeds op pad na Nkandla.
Lees ook: Polisie gryp nie in by Nkandla oor hulle ‘skietery wil vermy’
Lees ook: ‘Ek is nie ‘n vyand van die gereg nie,’ sê Zuma
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



