Pa verkrag glo eie dogter (12) tydens parool

Deel hierdie storie / Share this story

KLERKSDORP. – ‘n Pa (38) het glo sy eie 12-jarige dogter twee dae na mekaar in sy huis verkrag terwyl hy uit was op parool. Die dogter bly na bewering sedert haar ma se afsterwe by die beskuldigde.

Voor die vrou se dood het die beskuldigde by haar, die kind en die ouma gebly. Toe die ma sterf, het die beskuldigde saam met die dogter na sy eie woning getrek. Die eerste voorval het na bewering op 31 Mei 2021 plaasgevind toe die beskuldigde glo die kind beveel het om uit te trek voordat hy haar begin verkrag het. Hy het haar na bewering die volgende dag weer verkrag.

Dogter vertel ouma na pa haar glo verkrag

Volgens Henry Mamothame, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, is dit bevestig dat die beskuldigde op parool was nadat hy in 2008 aan ‘n soortgelyke oortreding skuldig bevind is. Hy is toe in 2016 op parool vrygelaat en dit sou op 23 Desember 2023 verstryk.

Die dogter het na bewering vir haar ouma van die voorval vertel wat dit later by die polisie aangemeld het. Die verdagte het Maandag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn en is borgtog geweier. Hy sal in aanhouding bly tot hy weer op 23 Augustus 2021 verskyn.

LEES OOK: Suretha Brits bly in aanhouding na sy man glo laat vermoor

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.