Hierdie oefening vir sterker bobeenspiere kan enige tyd, enige plek en sonder enige toerusting gedoen word. Doen hierdie oefening terwyl jy na jou gunstelingsepie kyk of wanneer jy ’n breuk by die werk neem.
Sit teen die muur:
- Maak seker jou rug is plat teen die muur.
- Plaas jou voete stewig op die grond, skouerbreedte uitmekaar, ongeveer 60 cm van die muur af.
- Skuif jou rug teen die muur af tot jou bene ’n 90⁰ hoek vorm. Jou knieë moet direk bo jou enkels wees en moenie voor hulle uitsteek nie.
- Hou die posisie terwyl jy jou maagspiere aktiveer. Bly in die posisie vir so lank as wat jy gemaklik voel.
- Beweeg weer stadig tot in ‘n staanposisie.
So lyk die oefening vir sterker bobeenspiere:

LEES OOK: Doen hierdie maklike oefening voor jy soggens opstaan
Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



