KWAZULU-NATAL. – ‘n Ongeluk tussen ‘n minibustaxi en ‘n vragmotor naby Underberg het die lewe van twee volwassenes en ‘n vier maande oue baba geëis.
Paramedici het die vragmotor en die minibustaxi langs die pad gevind met verskeie liggame wat oor die pad versprei gelê het. Die drie insittendes wat aan hulle beserings beswyk het, was in die taxi vasgekeer.
Vier maande oue baba is slagoffer
Arrive Alive berig paramedici het begin om die ander 17 pasiënte te stabiliseer. Onder die beseerdes was nege kinders tussen die ouderdom van drie en 15 jaar wat almal matige tot ernstige beserings opgedoen het. Die beseerdes is na ‘n nabygeleë provinsiale hospitaal vervoer vir die verdere behandeling wat hulle benodig.
Die oorsaak van die noodlottige ongeluk is in hierdie stadium onbekend, maar alle noodsaaklike owerhede was op die toneel en sal dit verder ondersoek.
LEES OOK: Suretha Brits bly in aanhouding na sy man glo laat vermoor
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



