Die Demokratiese Alliansie (DA) in die Noord-Kaap stel voor dat gemeenskapsdiensdokters in die provinsie, wat nog nie deur die nasionale departement van gesondheid (NDoH) geplaas is nie, dringend geabsorbeer word om die tekort aan 365 kontrakwerkers vir die inentingsprogram in die provinsie aan te spreek.
Volgens die jongste inligting wat verlede week ontvang is, is slegs 133 van 288 gemeenskapsdiensdokters reg oor die land toegeken gedurende die middeljaarplasing, wat weens die impak van Covid-19 op tersiêre instellings veroorsaak is.
Die DA het klagtes van jong dokters van die Noord-Kaap ontvang, wat onlangs hul universiteitsopleiding voltooi het, wat in ‘n toestand van onsekerheid oor hul toekoms gedompel is, terwyl hulle op die regering wag om hul lot te bepaal. Dit sluit glo dokters in wat deel uitmaak van die Mandela-Castro-program.
Dit is ondanks die feit dat die Noord-Kaapse departement van gesondheid in sy begroting aangedui het dat ‘n bedrag van R26,405 miljoen bewillig is vir die opname van Kubaanse dokters. Die verskoning van die departement van gesondheid, dat ‘n gebrek aan fondse verantwoordelik is vir hul versuim om gemeenskapsdiensdokters in diens te neem, maak dus nie sin nie.
Daar is ‘n ernstige tekort aan dokters in hospitale en fasiliteite regoor die provinsie, waaronder die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal, die dr. Harry Surtie-hospitaal en die De Aar-hospitaal. Hierbenewens is ons te midde van ‘n wêreldwye pandemie. Dit is ondenkbaar dat, wanneer die land desperaat is vir gesondheidswerkers, die departement van gesondheid nie die potensiaal van jong, opkomende dokters wil benut om Covid-19 te beveg nie.
Gemeenskapsdiensdokters, veral dié op die Kubaanse program, het tot nege jaar van hul lewe toegewy om medies te studeer. Na byna ‘n dekade moet hulle nou ledig by die huis sit omdat hulle nie ander werk as dokter kan bekom voordat hulle die praktiese kant van hul opleiding amptelik voltooi het nie. Dit kan nie geduld word dat hulle nou van ‘n geleentheid beroof word om hul geld te verdien en die gesondheidstelsel te betree nie. Dit kan nie geduld word dat hulle nou beroof word van ‘n werksgeleentheid asook ‘n geleentheid om die pandemie te beveg nie. Op ‘n ongekende tyd soos hierdie, kan hulle veral gebruik word om die onvoldoende inentingsprogram te versterk.
Terwyl die DA in die Noord-Kaap ons bekommernis na die party op ‘n nasionale vlak verwys het, sal ek ook my voorstel om hierdie dokters vir die inentingsprogram te gebruik, aan die LUR vir gesondheid, Maruping Lekwene, verwys. Die gesondheidsektor moet dringend versterk word as ons uitendelik Covid-19 wil oorkom.
Lees ook: Joernalis by Nkandla aangerand, gewurg
Lees ook: ‘Ek is nie ‘n vyand van die gereg nie,’ sê Zuma
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



