SUID-AFRIKA. – Die departement van gesondheid het aangekondig swanger vrouens en borsvoedende vroue mag nou ingeënt word.
Swanger vrouens en dié wat borsvoed was aanvanklik aangeraai om nie die inenting te neem nie. Die departement van gesondheid sê alhoewel swanger vrouens nie ‘n hoër risiko het om Sars-CoV-2 op te doen nie, kan die vrou en die pasgebore baba wel komplikasies as gevolg van Covid-19 ontwikkel.
Voordele en nadele van swanger vrouens wat ingeënt word
Volgens die verklaring wat deur die departement van gesondheid uitgereik is, vind proewe om die veiligheid van inenting vir swanger vrouens en dié wat borsvoed, tans gedoen. Meer toetse en proewe word ook beplan. Dus kan die Johnson & Johnson-inenting sowel as die Pfizer-inenting aan vrouens wat al meer as 14 weke swanger is, gegee word.
Die departement sê verpleegsters moet die voordele sowel as die risiko van die inenting aan die vrouens verduidelik. Daar moet aan hulle verduidelik word dat die navorsing oor die Covid-19-inenting van swanger vrouens en dié wat borsvoed nog nie voldoende is nie.
Vrouens wat beplan om swanger te raak, moet ook oorweeg om die inenting te neem.
LEES OOK: Shane Jordaan se liggaam vandag gevind, soektog afgelas
Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.



