Vrou in hegtenis wat glo lieg oor verkragting

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – ’n Vrou is in hegtenis geneem nadat sy glo oor haar verkragting gelieg het. Die polisie op Peddie het ’n vrou (23) in hegtenis geneem nadat sy glo ’n vals verklaring afgelê het dat haar kêrel (37) haar verkrag het.

LEES OOK: Man gevonnis wat drie seuns verkrag

Vrou glo oor verkragting gelieg

Sy het die verkragtingsvoorval by Bell-polisiekantoor aangemeld, waar sy beweer het haar kêrel het haar verkrag. Nadat die saak geopen is, het die polisie haar versoek om hulle na die toneel van die misdaad of die woning van die verdagte te vergesel waar die verdagte in hegtenis geneem en daarna in die Alexandria-polisiekantoor aangehou is.

Selfoon wys die waarheid

Daar is op die selfoon van die verdagte as deel van die ondersoek beslag gelê. Die ondersoek na die selfoon het aan die lig gebring dat die vermeende slagoffer nie verkrag is nie en dat sy na bewering op ‘n aanklag teen die vermeende verdagte aangedring het omdat daar glo geen betaling was wat sy glo geëis het nadat hulle saam geslaap het nie.

In hegtenis

Die polisie het die saak daarna na die staatsaanklaer geneem wat besluit het die vrou is na bewering nie verkrag nie en ’n saak van meineed is teen haar gemaak. Die vermeende verkragtingsverdagte is toe vrygelaat.

Die vrou is gevolglik deur die polisie in hegtenis geneem. Sy sal na verwagting Maandag 5 Julie 2021 in die Peddie-landdroshof verskyn.

LEES OOK: Man sterf minute voor jawoord

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.