NOORD-KAAP. – ’n Man wat drie seuns verkrag het, is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis. Charl Watt (24) is Vrydag 2 Julie 2021 deur die Upington-streekhof vir die verkragting van drie seuns gevonnis.
LEES OOK: Polisie sal nie kinders sonder maskers verwyder nie
Verkrag al drie seuns
Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê die slagoffers van onderskeidelik 10,11 en 15 jaar oud het Charl in November 2019 in die Pofadder- sentrale sakegebied ontmoet en gevra dat hulle hom moet volg sodat hy vir hulle R20 kan gee om kos te koop.
“Hy het hulle na ’n nabygeleë bos by Skerpioendraai op Pofadder geneem waar hy hulle verkrag het. Een van die slagoffers kon daarin slaag om hulp te soek.”
Borgtog geweier
’n Soektog om die verdagte op te spoor, is begin en Charl is in hegtenis geneem. Hy is borgtog geweier en het in aanhouding gebly tot en met sy vonnisoplegging.
LEES OOK: Man sterf minute voor jawoord
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



