Polisie sal nie kinders sonder maskers verwyder nie

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie sal nie kinders sonder maskers verwyder nie. Die Suid-Afrikaanse polisiediens is bewus gemaak van ‘n boodskap wat op sosiale media versprei word waarin beweer word dat die polisie en departement van maatskaplike ontwikkeling kinders wat nie maskers dra nie, sal verwyder en in ’n plek van veiligheid sal plaas.

LEES OOK: Vrou skenk geboorte langs pad, man glo nie sy’s in kraam

Polisie sal nie kinders verwyder nie

“Hierdie uitsprake is duidelik daarop gemik om alarm en vrees te veroorsaak en moet op die sterkste manier veroordeel word.”

Boodskappe op sosiale media

“Sosiale media is ’n nuttige platform vir beide die gemeenskap en die polisie. Fopnuus, vals nuus en verspreiding van vals inligting saai nie net paniek onder ons gemeenskappe nie, maar mors ook die polisie se tyd en bronne.:

Die polisie doen ’n beroep op almal wat so ’n boodskap gepubliseer, gesien of ontvang het, om dit te ignoreer en om hulle daarvan te weerhou om vals inligting te deel of te versprei.

LEES OOK: Pa moet gesinsmotor verkoop om vir seun se aanlyn-speletjie te betaal

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.