Is jy lief vir honde? Hier is ses flieks oor honde wat jy moet kyk

Deel hierdie storie / Share this story

Honde is engeltjies sonder vlerkies en ons kan nie help as om ons vierpotige kinders lief te hê nie. Om tyd saam met hulle te spandeer, is ‘n groot verligter van stres, of dit nou ‘n laatmiddag stappie is of net ‘n fliek saam op die bank lê en kyk, is. Hier is ses flieks oor honde wat jy moet kyk, of jy nou gaan huil of lag.

Volgens Femina is hierdie flieks ‘n moet kyk as jy ‘n honde persoon is.

Flieks oor honde wat ‘n traantjie sal trek

A Dog’s Journey. Hierdie fliek gaan oor die siel van ‘n hond wat belowe om na sy eienaars om te sien, soos dit gereed maak vir die volgende avontuur. Die emosionele fliek wys die lewens van verskillende honde en die band wat hulle met hul eienaars vorm. Hou jou snesies byderhand.

Lassie. Hierdie fliek wys ‘n familie wat hul geliefde hond moet verkoop weens finansiële probleme. Die band tussen die skaaphond en sy eienaar het egter sterk gebly.

Hachi: A Dog’s Tale. Hierdie ware verhaal toon die liefde en getrouheid van ‘n hond. ‘n Professor vind ‘n agtergelate hond en neem hom huis toe. Oor ‘n tydperk vorm hy ‘n onbreekbare band met die hond. Hierdie fliek gee jou ‘n ander uitkyk op honde.

Die fliek, Hachi: A Dog’s Tale, is gebaseer op die verhaal van Hatchicko. Hierdie stanbeeld van Hatchicko is in Japan opgerig. (Foto: I heart Rhody)

Vir dié wat nie die snesies byderhand wil hou nie

As jy graag flieks oor honde wil kyk, maar hou nie daarvan om te huil nie, is hierdie flieks net vir jou. Kry ‘n bak met lekker springmielies en geniet!

Lady and the tramp. Hierdie romantiese fliek gaan oor ‘n bedorwe sniphond, genaamd Lady, wat haar hart op ‘n straathond met die naam Tramp verloor. Hulle romanse begin toe Lady haarself in die strate bevind.

Dog Days. Hierdie fliek handel oor troeteldierouers wie se lewens verweef word danksy hul kleintjies! As jy dit geniet om met jou honde te gesels, sal jy hierdie fliek baie geniet.

Beethoven. In hierdie goue fliek veroorsaak Beethoven se groot liggaam baie ongelukke. Beethoven word egter deur ‘n veearts ontvoer en sy familie moet hom terugkry.

Lees ook: Supermodel word vir eerste keer ma op 50