Supermodel word vir eerste keer ma op 50

Deel hierdie storie / Share this story

Die supermodel, Naomi Campbell het op haar Instagram-blad bekendgemaak sy het vir die eerste keer ma word.

Campbell het gister haar aanhangers verras toe sy aangekondig sy is die ma van ‘n babadogtertjie.

https://www.instagram.com/p/CPA-OI0JwBp/?utm_medium=copy_link

“Die pragtige klein seëning het my gekIes om haar ma te wees. So geëerd om hierdie sagte siel in my lewe te hê. Daar is geen woorde om hierdie band wat ek nou met jou gaan deel te beskryf het,” het Campbell op Instagram geskryf.

Meer 25 800 mense het in minder as 24 uur kommentaar op die inskrywing gelewer. Tot Kim Kardashian het gesê: “Pragtige engel.”

Geen verdere inligitng oor haar swangerskap is bekendgemaak nie.

LEES OOK: Man sterf op dag wat hy Covid-19-inenting ontvang

LEES OOK: Kim Croeser – Sy het heelaand daar gelê

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.