KWAZULU-NATAL – Die polisie in Durban is op soek na naasbestaandes van ‘n onbekende vrou wie se liggaam op 15 Mei 2021 in die Soldiers Way-taxistaanplek gevind is.
Vrou se liggaam gevind, polisie versoek identiteit
Die polisie vermoed die oorledene is in haar laat dertigerjare. Sy is lig van vel, met ‘n silwer T op haar voortande. Sy is mediumgroot en het ‘n blou jean en ‘n rooi baadjie aan.
“Ons versoek die gemeenskap om asseblief hulp te verleen as hulle weet van ‘n gesin wat ‘n lid het wat vermis geraak het, om Moodley te by 031 325 4077/083 378 8126 of Crime Stop 08600 10111 te kontak,” lui die verklaring.
LEES OOK: Man se liggaam met hande vasgebind in woonstel gevind
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wie die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



