WES-KAAP. – ‘n Man, Fanie Oosthuizen (76), wat in die Arikreukel-woonstel op Hartenbos gewoon het, se liggaam is in sy woonstel met sy hande agter sy rug vasgebind gevind nadat sy bure en vriende hom as vermis aangemeld het.
Volgens die polisie het Oosthuizen se bure en vriende hom Vrydag as vermis aangemeld. Die polisie het sy woonstel besoek, maar daar was geen antwoord nie. Die polisie en die gemeenskap is in kennis gestel om op die uitkyk te wees vir Oosthuizen en sy Toyota Yaris CBS48150.
Man se liggaam in woonstel
“Op Saterdag omstreeks 03.00 het ‘n polisiebeampte die voertuig gesien en gestop. Tydens ondervraging van die drie verdagtes, onderskeidelik 28, 31 en 35 jaar oud, kon hulle glo nie ‘n verduideliking gee waarom hulle in besit van die vermoedelik gesteelde voertuig en besittings was nie. Hulle is daarna in hegtenis geneem,” het kol. Khuthala Masakala, polisiewoordvoerder, in ‘n verklaring gesê.
‘n Slotmaker is gekontak om die woonstel van Oosthuizen oop te maak. Hy is met sy hande vasgebind gevind.
‘n Saak van moord word deur die polisie ondersoek. Enigiemand met enige inligting kan die ondersoekbeampte by 044 606 2200 kontak.
LEES OOK: Carla Koen gevind nadat sy Vrydagmiddag verdwyn het
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



