Jacob Zuma spreek media Sondag toe

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Man (37) uit op borg na vermeende verkragting van eks se 13-jarige dogter

KIMBERLEY. – ’n Man van hier is vandag in die Kimberley-landdroshof op R2000 borgtog vrygelaat nadat hy vir die statutêre verkragting van ‘n 13-jarige meisie in die hof verskyn het.

Nelda Lötter, ondersoekbeampte, het getuig die meisie het vroeër vanjaar snaakse gedrag begin toon. Sy het selfmoordneigings gehad en is in Optima in Bloemfontein opgeneem.

Die meisie het teenoor ‘n maatskaplike werker en sielkundige gebieg haar ma se voormalige kêrel, met wie sy ’n baie goeie verhouding gehad het, het gemeenskap met haar gehad.

“Haar ma en die beskuldigde was in ‘n verhouding. Hulle het in dieselfde kompleks gewoon, saam gekuier en gebraai.”

Dié verhouding is verbreek.

Die meisie het steeds daarna ’n goeie verhouding met die beskuldigde gehad. Hulle twee het oor en weer gekuier, asook saam televisie gekyk. Hulle het ‘n speelse verhouding gehad. Hy sou haar rondjaag en hulle was in ‘n vertrouensverhouding.

Dit was tydens een van dié kuiers dat hulle die eerste keer gemeenskap gehad het.

Die maatskaplike werker het die saak na die polisie verwys en die man is op 26 Maart in hegtenis geneem.

Van sy borgvoorwaardes is dat hy geen kontak met die meisie of haar familielede mag hê nie. Die ma en dogter het intussen verhuis. Hy het aangevoer daar was meer as 30 mense in sy aanhoudingsel en dit was nie ‘n gunstige omgewing tydens die Covid-19 epidemie nie.

Die beskuldigde se identiteit is aan FiND iT bekend, maar hy mag nog nie geidentifiseer word nie.