MALMESBURY. – Vier mans is vandag na ’n gewapende roof in hegtenis geneem. Die mans het glo ’n familie tydens die roof met ’n geweer aangehou.
LEES OOK: Polisie sal nie kinders sonder maskers verwyder nie
Vier mans hou familie aan
André Traut, polisiewoordvoerder, het aan SABC News gesê die verdagtes wat tussen 25 en 33 jaar oud is, het met gesteelde goedere en die motor van die slagoffer van die toneel gevlug. Hulle het die familie met n geweer aangehou terwyl hulle die huis in Silverton beroof het.
Gesteelde goedere teruggevind
“Die verdagtes is later is later op Darling vasgetrek en in hegtenis geneem. Die gesteelde goedere sowel as ’n ongelisensieerde vuurwapen is deur die polisie teruggevind,” het Traut gesê.
Verdagtes sal in hof verskyn
Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.
LEES OOK: Man gevonnis wat drie seuns verkrag
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



