Lees ook: Tineremeisie (17) op pad skool toe vermis
LIMPOPO.- Die polisie op Lebowakgomo vra die gemeenskap se hulp om ‘n vermiste tienermeisie wat op pad skool toe was toe sy vermis geraak het, op te spoor.
Die 17-jarige Tebogo Thaba is ‘n graad 11-leerling aan die Hoërskool Lebowakgomo. Haar tannie het haar laas op 14 Junie gesien.
Die polisie sê in ‘n verklaring dié tienermeisie is om 09:00 gesien toe sy gesê het sy is op pad skool toe.
“Ongelukkig het Tebogo nooit by die skool opgedaag nie en het sy nog nie na haar huis teruggekeer nie. Pogings om haar by familie en omliggende areas op te spoor, het misluk.”
Tebogo is op 28 Junie as vermis aangemeld.
Ten tye van haar verdwyning het sy ‘n blou denimbroek, ‘n blou T-hemp, blou oortrektrui wat deel van haar skooldrag is, en ‘n trui aangehad.
Enigiemand met inligting oor waar sy is, kontak lt.-kol. Nyamanyawo Thomas Baloyi by 082 565 8234.



