Om ’n gesonde leefstyl te handhaaf terwyl jy nie die gimnasium mag besoek nie, is baie belangrik. Baie mense voel minder gemotiveerd om gesond te eet wanneer hulle nie oefen nie. Tydens die pandemie is mense geneig om meer te stres, wat kan veroorsaak dat jy terugval in jou slegte eetgewoontes.
‘n Gesonde leefstyl hoef nie ’n lang lys van reëls te wees nie. Dit kan net bestaan uit gewoontes wat jy aanleer om jou slegte gewoontes af te leer.
Handhaaf só ‘n gesonde leefstyl
- Moenie ontbyt oorslaan nie. Ontbyt bly die belangrikste maaltyd van die dag. Indien jy dit oorslaan, sal jy deur die dag baie honger wees en jy sal meer ongesonde peuselhappies wil eet. Begin dus die oggend reg. Eet ’n veselryke ontbyt wat jou langer sal laat vol voel.
- Drink water voor elke maaltyd. Drink ’n glas water 10 min. voor jy gaan opskep. Dit sal jou voller laat voel en jy sal nie onnodig baie skep nie.
- Hou jou porsies klein. Al die verskillende kossoorte op die tafel kan oorweldigend wees. Mens wil van alles proe en mens wil alles skep. Dink voor jy skep. Skep kleiner porsies. Indien jy groot borde kos skep, oortuig jou brein jou om alles op te eet. Jy sien dan al die kos en jy sal nie sommer vol voel voordat jou bord leeg is nie.
- Skep die gesonde kos eerste. Wanneer jy voor die tafel met al die kossoorte staan, skep eerste die gesonde kos. Skep laaste die meer ongesonde kosse, die stysels en koolhidrate. Jou bord sal dan reeds minder plek hê en jy sal minder van dié kos skep.
- Moenie jouself verwyt wanneer jy iets ongesond geëet het nie. Om een keer iets ongesond te eet, gaan nie dadelik jou vordering belemmer nie. Weet wat jy verkeerd gedoen het en beweeg aan.
LEES OOK: Foto van hartseer restaurantbestuurder op sosiale media gedeel
Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.



