Seuntjie (4) wat spoorloos verdwyn se liggaam gevind

Seuntjie (4) wat spoorloos verdwyn se liggaam gevind

Seuntjie (4) wat spoorloos verdwyn se liggaam gevind Foto: SAPS

DURBAN. – Die liggaam van die vierjarige seuntjie, Mlando Zuma, wat laas op 18 Junie gesien is, is gister om 18:30 in ‘n rioolgat by ‘n huis gevind.

Die plek waar Zuma gevind is, is daar waar hy laaste gespeel het voordat hy verdwyn het. ‘n Geregtelike doodsondersoek word by Plessislaer-polisie gedoen.

Vandag het die gemeenskap buite die huis waar die kind gevind is, bymekaargekom en die huis aan die brand gesteek. Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om nie die wet in eie hande te neem nie. Die resultate van die nadoodse ondersoek sal bepaal hoe die kind dood is.

LEES OOK: 4-jarige seuntjie vermis na hy spoorloos verdwyn

Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.