Nuutste oor watersituasie in Kimberley

Matsie sê hulle het ongeveer 200 Jojo-watertenks deur die stad versprei.

Opdatering oor watersituasie in Kimberley

Opdatering oor watersituasie in Kimberley Foto: Facebook

KIMBERLEY. – Die stad sit al sedert Vrydagaand sonder water en Sol Plaatje sê in die nuutste verklaring hulle spanne het deurnag gewerk om die nodige take uit te voer.

“Daar word aan ‘n totaal van 28 gebiede se water gewerk, terwyl die ander reeds voltooi is. Sommige van die lugkleppe, insluitend die skuurkleppe, is vervang. Net so is sommige van die lekkasies herstel,” sê Sello Matsie, die munisipaliteit se woordvoerder.

Matsie sê hulle het ongeveer 200 Jojo-watertenks deur die stad versprei. “Ongelukkig is ongeveer vyf Jojo-watertenks opsetlik in Homestead, De Beers en Florianville beskadig. Mobiele watertenkwaens word gebruik om bogenoemde gebiede van water te voorsien.”

Hou FiND iT dop vir sie nuutste nuus.

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.