Verlate seun (14) lewe vir ses maande alleen

Deel hierdie storie / Share this story

NEW JERSEY. – ’n Seun (14) het glo vir ses maande alleen gebly nadat sy pa hom na bewering agtergelaat het en teruggetrek het na sy tuisdorp.

Die seun het glo in Desember 2019 saam met sy pa na die VSA getrek en het tot in 2020 saam met hom gebly, waarna die pa teruggekeer het na Honduras.

Die seun het glo toe by sy oom ingetrek, maar in Januarie vanjaar op sy eie gaan bly.

LEES OOK: Só lyk die senuweestelsel na jou tande

Polisie spoor seun op

Die polisie het op 11 Junie 2021 op die seun afgekom toe hy 04:00 in die môre op sy fiets sonder ligte gery het. Die polisie het hom tot by ’n huis in New Jersey  gevolg waar inwoners hulle ingelig het die seun bly alleen en het nie ’n voog nie.

Die seun in na ‘n hospitaal vir ’n mediese ondersoek geneem en is nou onder die staat se toesig geplaas.

LEES OOK: Die donker geskiedenis agter kleuterrympies