WES-KAAP. – ‘n Onbekende aantal gewapende mans het gisteraand op ‘n groep van sewe in Gugulethu losgebrand.
Volgens Shawn Herbst, Netcare 911-woordvoerder, het vyf van die sewe mense, almal mans, het noodlottige skietwonde in die kop opgedoen. Nog twee mans het ernstige beserings opgedoen en is na ’n hospitaal vir verdere behandeling vervoer.
“Omstandighede wat gelei het tot die skietery sal deur die betrokke owerhede ondersoek word,” sê Herbst.
LEES OOK: Regering gaan regstappe teen Independent Media neem na vals berigte oor 10 babas
Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.



