Almal is merendeels bewus van die gevare wat met die gereelde gebruik van ’n sonbed gepaardgaan, maar Taylor Humphrey (18) sê sy kan nie sonder ’n sonbed lewe nie en spandeer 20 minute per dag op haar sonbed om haar vel mooi bruin te kry.
LEES OOK: Nigel vir vier dae lank sonder krag
Verslaaf
Humphrey, van Suffolk, het aan The Sun gesê sy is verslaaf daaraan om te tan en het vir die eerste keer ’n sonbed gebruik net na haar 18de verjaarsdag.
“Ek was mal daaroor en het my ouers gevra om vir my ’n sonbed te koop. Hulle het ingestem en nou kan ek elke dag in my eie huis tan.”
Gee selfvertroue
Sy sê sy voel vol selfvertroue as sy ’n goeie tan het en sal nie haar huis verlaat as sy nie haar sonbed kan gebruik nie.
Sy het ook voortgegaan om te sê sy is bewus van die gevare, maar dat elke liewe ding maar sy gevare inhou.
Mense op sosiale media kryt haar uit
Mense op sosiale media het Humphrey gekritiseer en beweer sy probeer voorgee asof sy ’n ander ras is.
“Ek probeer mense net ignoreer as hulle sulke dinge oor my sê. Ek hou net van ’n bruin kleur. Dit is een van die belangrikste dinge vir my en laat my vol selfvertroue voel.”



