FOTO’S: Bus jaag in huis vas

Deel hierdie storie / Share this story

Geen ernstige beserings is aangemeld toe ’n bus Woensdagoggend in ’n huis in Canehaven Drive in Phoenix vasgejaag het nie.

Lede van Reaction Unit South Africa (RUSA) het om 06:57 op die toneel aangekom waar ’n bus deur die heining en die voorste muur van ’n huis in KwaZulu-Natal gebars het. Die busbestuurder was ten tye van die ongeluk die enigste persoon in die bus. Die huiseienaar was in die huis toe die ongeluk gebeur het en is gelukkig nie in die voorval beseer nie.

Besonderhede van wat die ongeluk veroorsaak het, is nog nie bekend nie.