David Makhura, Gautengse premier, het aangekondig inentings sal binnekort aan persone tussen die ouderdomme van 50 en 59 toegedien word.
“Ons sal volgende week begin met inentings vir diegene tussen 50 en 59 jaar oud. Soos wat ons die ander kategorieë doen, sal ons ook beweeg na diegene in hul 40’s,” het hy gesê.
Tot dusver is slegs persone ouer as 60 jaar oud teen die virus ingeënt, maar weens die geweldige druk waaronder die land verkeer te midde van die derde vlaag van infeksies, is dit nodig om die inentingsprogram te versnel.
Die inentingsprogram vir onderwysers het ook intussen begin.



