Nigel vir vier dae lank sonder krag

Deel hierdie storie / Share this story

NIGEL. – Inwoners van Nigel verkeer sedert Sondag in die donker nadat ’n kragmas naby die Coco-Cola-fabriek omgeval het en die dorp se elektrisiteit afgesny het. Die kragmas het omgeval nadat diewe waarskynlik van die staalpale afgesaag het.

LEES OOK: Verlate seun (14) lewe vir ses maande alleen

VF Plus doen beroep

Jennifer Glover, VF Plus-raadslid, sê  die VF Plus doen ’n beroep op Lebogang Maile, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, om dringend in te gryp.

“Dit is ’n uiters kommerwekkende verskynsel,” het sy gesê.

Departement werk onverpoos

Volgens Ivy Nkosi van die Ekurhuleni-metroraad se departement van energie en die bestuurder van die Nigel-kliëntedienssentrum, werk die departement onverpoos aan ʼn tydelike oplossing om die krag te herstel deur een van die twee stroombane te elektrifiseer wat moontlik die lading ten volle sal hanteer. Die proses kan sewe dae duur weens die voorgeskrewe munisipale regulasies vir verkrygingsprosesse.  

Langtermyn oplossing kan drie tot ses maande neem

Die langtermyn oplossing is om gedurende die volgende drie tot ses maande die beskadigde kraglyn te herbou wat die volle gebeurlikheidsrisiko aan ‘n bykomende stroombaan sal bied.

LEES OOK: Man vermis – verdwyn voor dokter se spreekkamer