JOHANNESBURG. – Mashele Mbitsini (66) is sedert 11 Junie 2021 vermis nadat hy omstreeks 07:30 voor sy dokter se spreekkamer in Johannesburg se middestad verdwyn het.
Mbitsini is deur sy vrou na die dokter vergesel en die paar het op die sypaadjie vir hulle seun gewag om hulle te kom haal. Mbitsini se vrou is terug by die spreekkamer in om vir hom iets te gaan haal om te drink.
Teen die tyd wat sy seun opgedaag het, was Mbitsini nêrens te vind nie. Niemand het hom weer gesien of van hom gehoor nie.
Mbitsini se familie is baie bekommerd oor hom. Hy is baie siek en asmaties.
Enigiemand met inligting oor waar Mbitsini hom bevind, kan vir Florien Deysel by 061 1233767 skakel.




