FOTO: Laaste Knysna-olifant op plaas gewaar

Deel hierdie storie / Share this story

Die enigste oorblywende olifant in die Knysna-bos, wat deur Sanparke Oupoot gedoop is, is Saterdag om ongeveer 17:00 afgeneem.

Oubaas Fourie, die eienaar van die plaas waarop die olifantkoei afgeneem is, het die foto van die olifant op Facebook gedeel.

In die kommentaar onder die foto het Fourie gesê die foto is naby die Karatara-gebied afgeneem.

Hy vertel aan Netwerk24 mense het kom hout haal op die plaas toe mense agterop die bakkie die olifant gewaar het. Hulle het vir Fourie gesê en hy het die foto met sy selfoon geneem.

“Almal wil altyd die olifant sien. Ek besef dit is ‘n baie groot voorreg.”