GAUTENG. – Na ‘n indiepte-gesprek tussen ‘n senior mediese dokter en ‘n traumachirurg is beide ‘n man se bene op ‘n ongelukstoneel geamputeer.
ArriveAlive berig die bestuurder van ‘n vragmotor wat lemoene vervoer het, het beheer oor die voertuig verloor, wat veroorsaak het dat die vragmotor gerol het.
Man se bene geamputeer
Die bestuurder het ernstige beserings opgedoen en was in die kajuit van die wrak vasgekeer. Die besluit is geneem om die man, wie se toestand vinnig verswak het, se twee bene onder sy knieë te amputeer.
Nadat hy bevry is, is die beseerde man deur die dokter gestabiliseer voordat hy met die Netcare 911-helikopterambulans na ‘n spesialisfasiliteit gevlieg is vir die dringende sorg wat hy benodig.
LEES OOK: McAfee-stigter dood in sel gevind
LEES OOK: Regering gaan regstappe teen Independent Media neem na vals berigte oor 10 babas
Hou FiND iT dop vir die nuutste nuus.






