NK-onderwysdepartement tevrede met inentings

Deel hierdie storie / Share this story

Die Noord-Kaapse departement van onderwys sê hy s tevrede met hoe die inentingsprogram vir die onderwyssektor afgeskop het.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die departement van onderwys in die Noord-Kaap, sê alhoewel die Noord-Kaap die laagste aantal inentings sover aangeteken het, moet mense in ag neem dat dié provinsie ook die minste personeel het.

“Ons kan aandui dat ons ‘n totaal van 735 inentings op die eerste dag toegedien het. Ons het 29 inentingstasies regoor die provinsie.

“Alhoewel die inenting vrywillig is, wil ons onderwysers aanmoedig om die inenting te kry.”