KYK: Wentzels gee terug, trane rol oor dankbare wange

Deel hierdie storie / Share this story

Almal het al om die een of ander rede van die Wentzels gehoor. Karlien (Kiki) en Malcolm Wentzel, wat aanvanklik op TikTok bekend geraak het, veroorsaak deesdae trane van blydskap in talle se oë met hulle nuutste veldtog.

DIe twee en van hulle vriende verras deesdae mense in winkels en gee hulle die geleentheid om in ‘n spesifieke tydperk hulle trollies vol kruideniersware te laai. Waarna die Wentzels dan daarvoor betaal.

Malcolm en sy vrou het op TikTok bekend geword en het ‘n gesamentlike gevolg van meer as ‘n half miljoen mense op die app. Hulle gebruik nou die platform en volgelinge om ‘n verskil in ander se lewens te maak. Aanhangers kan nou deel van die FKN-army word. Op dié manier kan jy iemand nomineer wat jy dink hulp vanaf hulle moet ontvang. Die versoeke word dan oorweeg en die egpaar kies ‘n aantal mense wat hulle dan help.

LEES OOK: Karlien sê: ‘Reality check vir dié wat vier kinders wil hê’

Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.