BOKSBURG. – Die polisie vra die gemeenskap se hulp in hul soektog na ‘n Michal Jacobus Willemans.
Die polisie is op soek na Willemans, wat glo ook verskeie skuilname gebruik, op aanklag van beweerde bedrog. Daar is intussen ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik.
Indien enigiemand weet waar Willemans hom bevind, kontak kapt. Zylstra by 078 925 0451.

LEES OOK: Shane Jordaan al meer as twee weke vermis
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



