Die departement van korrektiewe dienste het Maandag in ‘n verklaring aangekondig dat besoektye by die land se tronke eers opgeskort sal word. Slegs gevangenes se regsverteenwoordigers mag hulle, onder streng voorwaardes, besoek indien hulle vooraf ‘n reëling getref het.
Sechaba Mphahlele, woordvoerder van die departement, het gesê besoektye sal nie toegelaat word nie om te voorkom dat gevangenes en beamptes Covid-19 opdoen.
Dit volg na president Cyril Ramaphosa se toespraak waarin hy aangekondig het die land skuif weer na vlak drie van inperking.
Daar is ‘n totaal 12 202 positiewe gevalle by korrektiewe sentrums in die land aangemeld.



