Betogers ruk op teen nuwe vuurwapenwet

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – ‘n Groep betogers het Saterdag in die strate van Kaapstad teen die Wet op Vuurwapenbeheer betoog.

Brent van der Westhuizen, die organiseerder van die optog, het gesê vuurwapeneienaars sal werrloos gelaat word as die wet wel in werking gestel word.

“Ons is teen hierdie wet. Die polisie kan nie misdaad beheer soos dit nou is nie. Gemeenskapslede beskerm hulleself teen kriminele en hulle lisensies sal weggeneem word as gevolg van die wet. Baie mense in ons land voel dieselfde hieroor. Daar is geen logika daarin nie,” het hy gesê.

JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het die memorandum ontvang.

Hy het gesê sy party, die DA, is nie ten gunste van die wet nie.

Die wet sê dat selfverdediging nie meer ‘n rede kan wees vir die besit van ‘n vuurwapen in Suid-Afrika nie.

Die publiek het tot 4 Julie om kommentaar op die wet te lewer. – News24