August 4, 2021

Plastiese chirurg herstel seun (9) se gesig gratis na hiëna-aanval

Dr. Mia vertel hy kon net nie nee sê toe hy hoor van die seun wat deur ‘n hiëna verskeur is nie.

Plastiese chirurg herstel seun (9) se gesig gratis na hiëna-aanval (Foto: Inquirer.net)

Plastiese chirurg herstel seun (9) se gesig gratis na hiëna-aanval (Foto: Inquirer.net)

‘n Span plastiese chirurge van ‘n privaat hospitaal in Johannesburg maak tans gereed om ‘n 9-jarige, wat deur ‘n hiëna aangeval is, se gesig te herstel.

Rodwell Khomazana, ‘n 9-jarige Zimbabwiese seun, se gesig is verlede maand in ‘n hiëna-aanval verskeur.

Hy het sy neus, linkeroog, dele van sy bolip en sy voorkop verloor tydens die aanval in Harare.

Khomazana was aan die slaap tydens ‘n deurnag kerkdiens toe die aanval op 2 Mei gebeur het.

Dokters in Harare het hom daar gestabiliseer, maar het nie die nodige hulpbronne gehad om sy gesig te herstel nie.

Khomazana se ma het dokters in Suid-Afrika gevra of hulle die herstelwerk aan sy gesig verniet kan doen, omdat sy nie die duur operasies kan bekostig nie.

Dr. Ridwan Mia, ‘n plastiese chirurg, het toe aangebied om dit te doen.

Khomazana het Saterdag in Suid-Afrika aangekom en ‘n span hospitaalpersoneellede het hom by die Sandton-lughawe ingewag.

Daar sal Maandag ‘n operasie gedoen word om vas te stel presies hoeveel skade daar is, en daarna sal dokters ‘n opvolgoperasie skeduleer.

Dr. Mia vertel hy kon net nie nee sê toe hy hoor van die seun wat deur ‘n hiëna verskeur is nie.

“Hy sal ongelukkig (na die operasie) steeds vele letsels op sy gesig oorhê, maar ons hoop om so min moontlik letsels agter te laat.”

Khomazana sal vir ‘n maand in die hospitaal wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *