MADADENI. – ‘n Onderwyser (53) verskyn vandag in die Madadeni-landdroshof op aanklag van verkragting.
Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê ‘n 11-jarige leerling van die skool is na bewering op 9 Junie deur die onderwyser verkrag.
Die voorval het glo in ‘n badkamer by die skool gebeur.
“Sy is gedreig om doodgemaak te word, sou sy die voorval aan enigiemand rapporteer.”
Die slagoffer het haar ma ingelig oor wat gebeur het en ‘n verkragtingsaak is by die Madadeni-polisiestasie geopen.
Die verdagte is Donderdagoggend in hegtenis geneem.



