Vrou allergies vir water, selfs ‘n druppel laat haar liggaam brand

Deel hierdie storie / Share this story

SUSSEX. – ‘n Enkele druppel water kan die 23-jarige Niah Selway se hele liggaam vir ure lank laat brand as gevolg van ‘n allergiese reaksie.

Selway ly aan aquapruritis (aquagenic pruritus), ‘n allergie wat baie min mense wêreldwyd affekteer en geen bekende oorsaak het nie.

Dié rare toestand beteken dat, alhoewel Selway se organe nie geaffekteer is nie en sy steeds water kan drink, sy nie met vloeistowwe in aanraking kan kom nie.

Trane en sweet veroorsaak reaksie

Alles, van haar eie trane tot haar sweet en uriene, kan die allergiese reaksie aanwakker.

Selway, wat in Oos-Sussex woon, se simptome is soms so intens dat sy sommer aan die slaap raak van moegheid ná ‘n reaksie.

Spesialiste kan nie oorsaak vasstel

Ten spyte van die feit dat spesialiste haar toestand al vir jare ondersoek, kon hulle steeds nog nie die oorsaak vasstel nie.

Serway, wat op YouTube bekend is as die “Meisie wat allergies is vir water” het gesê: “Ek ly op ‘n baie ernstige manier, en geen medikasie of behandeling het al regtig ‘n verskil gemaak nie.”

“Dit maak nie saak waar die water aan my raak nie – as ‘n druppel daarvan aan my arm raak, versprei die pyn na my rug en bolyf, soms na my hele liggaam.”

“Wanneer ek bad, brand my hele liggaam vir ure aaneen.”

Serway sê sy het mettertyd vir haarself ‘n roetine uitgewerk om die pyn minder te maak.

“Ek was byvoorbeeld glad nie meer my hare in die bad nie. Ek doen dit apart om die pyn te verminder.”

“Ek kan ook nie baie oefening doen anders as joga em om te gaan stap nie, en op warm dae sit ek maar voor die waaier.”

Eerste reaksie op vyf

Serway het haar eerste reaksie op die ouderdom van vyf ervaar.

“Meeste mense met aquagenic pruritus kry een of ander kuur of behandeling wat werk, maar niks het nog vir my gewerk nie.”

“Dis moeilik om te sien hoe iemand anders verligting vind, maar dit werk nie vir jou nie.”

Serway ontvang ondersteuning van haar ouers, Bob en Antonia, en haar kêrel, Mark. Sy het ook ‘n groot groep volgelinge op YouTube, wat haar deur haar daaglikse probleme ondersteun.