INDIË. – ’n Leeu wat die week in die Arignar Anna-dieretuin weens Covid-19 omgekom het, is die tweede een in twee weke wat aan die virus dood is.
Die leeumannetjie, wat reeds 12 jaar oud was, is op 3 Junie 2021 positief vir die koronavirus getoets en was sedertdien op intensiewe behandeling.
’n Leeuwyfie is ook op 3 Junie 2021 in die dieretuin aan Covid-19 dood.
Nege uit die 11 leeus in die staatsdieretuin in Indië, wat vir Covid-19 getoets is, het positief getoets.
LEES OOK: Baba verlate agter kliniek gevind



