KAAPSTAD. – ’n Baba (11 maande) is Sondagaand verlate agter ’n kliniek in Manenberg gevind. Sy was net in ’n kombersie toegedraai.
LEES OOK: Bloeduitslae van gastekamer in Kemptonpark glo binnekort gereed
In die koue
Die baba is omstreeks 20:00 verlate in die koue agter die kliniek in Greta Court gevind.
’n Gemeenskapslid het aan die Son gesê die baba is na ‘n hospitaal geneem.
“Die polisie was op die toneel en die baba is na die hospitaal geneem. Ons vermoed die baba was langer as ’n halfuur in die koue gewees.”
Die baba is daarna onder die sorg van ’n maatskaplike werker geplaas.
Ma opgespoor, nie in hegtenis
Volgens kapt. Ian Bennette, polisiewoordvoerder, het die polisie na die baba se ma gesoek, maar kon haar nie opspoor nie. Familielede van die baba is daarna in kennis gestel.
Die ma van die baba is later opgespoor, maar nie in hegtenis geneem nie.
Daar is nog onsekerhede oor hoe die baba agter die kliniek beland het.
LEES OOK: Aarbeie en room frappuccino



