DURBAN. – Twee vroue en hulle hond is op Jeugdag dood nadat hulle in ‘n ongeluk tussen ‘n vragmotor en ‘n motor op Kassierweg in Shongweni betrokke was.
Volgens Arrive Alive het verskeie paramedici op die toneel opgedaag. ‘n Ligtevoertuig het reg van voor teen ‘n vragmotor, wat perde vervoer het, gebots. Twee insittendes van die voertuig, albei glo vrouens in hul dertigs, en ‘n hond, het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.
Die vragmotorbestuurder het matige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer. Die perde is nie in die ongeluk beseer nie en is na die stalle teruggeneem.
In hierdie stadium is die gebeure voor die ongeluk onbekend, maar die polisie was op die toneel en sal verder ondersoek instel.
LEES OOK: ‘Daar is nie ‘n tienling nie’ sê familie van die pa
Hou FiNDiT dop vir die nuutste nuus.



