Pa van ‘die wêreld se grootste familie’ sterf

Deel hierdie storie / Share this story

INDIË. – Ziona Chana (76) was ‘n man vir 38 vrouens, pa van 89 kinders en 36 kleinkinders. Dit maak hom glo die pa van die wêreld se grootste familie.

Foto: New York Post

Chana is Sondag met sy aankoms by ‘n hospitaal dood verklaar na hy glo ernstig siek geraak het. Daar word berig Chana het aan erge diabetes en hipertensie gely.

Chana en sy familie was bekend in Baktawng Tlangnuam en vele toeriste het soontoe gereis om die familie te otmoet. Volgens mediaberigte het familidie e se huis uit vier verdiepings en 100 kamers bestaan. Die vrouens het kamers wat naby die hoofslaapkamer waarin Chana geslaap het, gedeel.

Foto: New York Post

LEES OOK: Moontlik nóg strenger inperkings vir Suid-Afrikaners

LEES OOK: Seuntjie (3) deur honde verskeur toe hy by venster uitval

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.