Entstof dalk besmet

Deel hierdie storie / Share this story

GQEBERHA. – Sowat twee miljoen dosisse van die Johnson & Johnson Covid-19-entstof kan moontlik besmet wees en sal glo waarskynlik vernietig moet word.

LEES OOK: KwaZulu-Natal laerskoolleerder dood na TikTok-neiging

Moontlik besmet

Die entstof is tans in Gqeberha en wag om landwyd versprei te word. Daar word vermoed een van die kernbestanddele is moontlik ontsmet.

Die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-owerheid (FDA) het Vrydagaand in ’n verklaring gesê daar kan nie verseker word dat die entstof nie besmet is nie.

Protokolle nie gevolg

Dit het gebeur nadat ’n ondersoek bevind het ’n vervaardiger van een van die entstof-bestanddele het nie die nodige veiligheidsprotokolle nagekom nie. Werkers by ‘n vervaardigingsaanleg het vir vooraf gestort en ander klere aangetrek nie.

Volgens The New York Times kan tot 60 miljoen dosisse besmet wees.

Besluit moet gemaak word

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsowerhede moet nou besluit of die entstof gebruik gaan word, terwyl Suid-Afrika se inentingsprogram reeds van die stadigstes in Afrika is.

LEES OOK: Moordenaar se hang-dood in Botswana uitgevoer