Moord-raaisels in Boksburg

In die weke na Taegrin se dood is daar ’n verdagte ingebring vir ondervraging, maar hy is nooit aangekla nie.

Moord-raaisels in Boksburg

Moord-raaisels in Boksburg

Polisierekords dui aan plaaslike polisiestasies het ’n agterstand van dosyne onopgeloste “koue” sake.

Die koerant, The Advertiser, het ’n lys vrygestel van berigte oor moorde wat tussen 2013 en 2014 in Boksburg plaasgevind het. Hier is drie van daardie onopgeloste moorde.

LEES OOK: Ek verpes dit om nie te weet nie…

Siphamandla Madikane

Siphamandla Madikane (10) se wreed vermoorde liggaam is in bosse naby Elsburgstraat, Ramaphosa gegooi. Sy half verbrande naakte liggaam is 2689 dae nadat hy as vermis aangemeld is, eers gevind. ‘n Nadoodse ondersoek het bewys hy is versmoor. Niemand is tot op hede vir sy moord aangekeer nie. 

Taegrin Morris

Taegrin se ma, Chantel Morris, was besig om die vierjarige Taegrin en sy suster, Erim, buite hulle ouma se huis in hul VW Citi Golf te laai. Drie kapers het verskyn en gewere teen Chantel se kop gedruk. Hulle het haar gedwing om die sleutels te oorhandig en met die kar weggejaag. Die kleine Taegrin se een voet was nog vas was in sy karstoel en sy lyfie het hulpeloos by die kar uitgehang. 

In die weke na sy dood is daar ’n verdagte ingebring vir ondervraging, maar hy is nooit aangekla nie.

Konst. Cynthia Mokwe

Cynthia is vroeg in 2014 glo deur haar kollega/ kêrel doodgesteek. Albei het by die Reiger Park-polisiekantoor gewerk. ’n Verbyganger het Cynthia op die grond in ’n plas bloed by haar voordeur in Ramaphosa gevind.

Haar kêrel is in hegtenis geneem en van die moord aangekla. Die hof het egter geweier om die saak op die rol te plaas as gevolg van ’n gebrek aan bewyse. Hy is kort daarna vrygelaat.

Die speurders het egter nie moed opgegee nie en het dit reggekry om genoeg bewyse bymekaar te maak om die saak op die rol te plaas.

Nadat die verdagte na die hof ontbied is, het hy spoorloos verdwyn.

LEES OOK: Veronique Adams steeds sedert Maart 1989 vermis

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *