Veronique Adams steeds sedert Maart 1989 vermis

Veronique se familie is vas oortuig dat sy steeds lewe en hoop dat die mag wat sosiale media het, haar vinniger sal opspoor.

Veronique Adams steeds sedert vanaf Maart 1989

Veronique Adams steeds sedert vanaf Maart 1989

Die tweelingsusters, Veronique en Veronisha Adams, was maar net 11 maande oud toe hul moeder, Junice Adams, ’n oppasser gehuur het om deur die dag na hul om te sien.

Die oppasser het haar voorgedoen as Beauty Mkwanazi, maar kon geen identiteitsdokumente lewer nie.  Sy het Nolan gerus gestel dat sy die komende Paasnaweek huis toe gaan, Pietermaritzburg toe en sal dan haar dokumente saambring.

LEES OOK: Moordenaar se hang-dood in Botswana uitgevoer

Dag van ontvoering

Junice se broer, Nolan Ferreira, het op 6 Maart 1989 gaan kuier vir die 11 maande oue tweeling by hulle huis in Finchstraat Eldorado Park.  Met sy aankoms by die huis het hy gevind dat Veronique weg is.  Hy het dadelik vir Junice gekontak.

Junice het met haar aankoms by die huis ook gevind dat nie net is haar babadogter weg nie, maar van haar, Junice, se eie klere asook ’n tas.  Baba Veronique is weg met slegs die klere aan haar lyfie.

Soek al vir 23 jaar

Daar was al verskeie waarnemings oor dogtertjies wat aan die beskrywing voldoen, maar wanneer Junice hul sien op foto’s, dan weet sy dit is nie haar kind nie.

Sy het in 1990 inligting ontvang van ’n jong dogter in Ramotswa, Botswana.  Die dogter het skoolgegaan by St. Theresa’s Covent.  Junice is dadelik Botswana toe, maar met haar aankoms daar het die dogter reeds weer verdwyn.

Veronique se familie is vas oortuig dat sy steeds lewe en hoop dat die mag wat sosiale media het, haar vinniger sal opspoor.

Enigeen met inligting kan Missing Children SA of Missing Person Bureau kontak.

Enigeen wat graag ’n donasie wil maak volg gerus hierdie skakel:  missingchildren.org.za/page/donate

LEES OOK: Vrou vermis in Springs

Hoe Veronique moontlik kan lyk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *