KWAZULU-NATAL. – ’n Gr.7-leerling aan die Primêre Skool Effingham Height is oorlede nadat hy ’n bakkie met saniteermiddel aan die brand gesteek het. Hy het glo die toertjie op TikTok gesien en dit nageboots.
LEES OOK: Moordenaar se hang-dood in Botswana uitgevoer
Erge nagevolge
Dit het ongelukkig vir hom drastiese nagevolge gehad nadat die bakkie glo ontplof het. Die seun het ernstige brandwonde opgedoen en het Donderdagaand aan sy wonde beswyk.
Die departement van onderwys in KwaZulu-Natal het hulle medelye met die familie uitgespreek.
LEES OOK: Vrou vermis in Springs



